top of page

anders as ek

Lee-Ann Stevens

Cover of anders as ek by Lee-Ann Stevens

’n laaste gryp

Bladsy 8 · Volledige gedig


Neergetrek teen die grond
Soos ’n buffel
Asem kras
Woorde opgefrummel
Kan skaars staan


Net ’n enkele sekonde gaan verby
Dit klink soos ’n eeu
Stof in my oë
Kan skaars sien
Dit brand te veel


Kruip, kruis
Gewond, gemors
Bloed op my klere
Dis so taai
Maar ek kruip terwyl ek kan


Ruis ek uit die grond
Met een oog vasgenael
Kan dit wees?
Hierdie krag gee my lewe
’n nuwe kans
’n laaste gryp



Die stilte is ’n man

Bladsy 24 · Volledige gedig


Die stilte is ’n man
Breë skouers, manlike postuur
’n gedurige silent treatment


Die stilte is ’n man
Hard slaan hy jou soos ’n horlosie wat
Teen die muur staan
Swyend en gemoedelik


Die stilte is ’n man
Sag genoeg om met jou te peuter
Hard genoeg om jou met woorde te sleur


Die stilte is ’n man
Onbeskof wanneer hy in ’n bui is
Rou om jou sommer naar te laat voel


Die stilte is ’n man
Goed genoeg om jou asem te laat wegslaan
Asemrowend genoeg om teenstrydig te wees


Die stilte is ’n man
Ja, die stilte is ’n man

bottom of page