top of page
Pasop vir die rekenaardiewe
Fransjohan Pretorius
Bladsy 13 · Prosa-uittreksel uit ’n kortverhaal
Sy vriend het naby die deur gesit met sy skootrekenaar op die rak bokant sy kop toe die trein ’n stasie nader. Net voor die trein tot stilstand kom, het ’n paar muntstukke uit die sak van die man langs hom geval en oor die vloer gerol. Naïewe Suid-Afrikaner wat ons vriend is, het hy gebuk om die kêrel te help optel. Al gou het dit gevoel asof hy die enigste een is wat die geld probeer optel. Toe hy orent kom, sien hy hoe die man die trappe van die stasiegebou op hardloop, met sý skootrekenaar swaaiend aan sy skouer, en die trein kom in beweging.
bottom of page

