top of page

AfvlerkMens

Grant Jefthas

Cover of AfvlerkMens by Grant Jefthas

Scheme-Kind

Bladsy 13 · Volledige gedig


Ek het vi jare soe geskryf
lat mense kon agterkom
ek is geleerd


    Djy sien, ek was die eerste een
    wat weggegaan het om iets
    te maak van my liewe


Maar nou wat ek dit gemaak het
is ek middle class en my mense
working class?
    Ek’s confused want ek wietie
    lekke waar ek inpas nie
    tussen whiteys praat ek skoon
    Afrikaans


By my ma se RDP-huis praat ek
soes ek opgegroei het
djy en djou
en soms hoor ek, djou mase!


    My ma sê altyd
    moenie vergiet waarvan jy kommie
    ek doenie
    want al is my credit card goud
    al is my flat in die dorp uitgesort
    al hang daar ’n degree teen my muur
    al bereik ek wat
    dit sal ek bly


’n Kind vannie Scheme



Vergifnis

Bladsy 73 · Volledige gedig


Ek moes leer
 hoe om ander te vergewe


   ek moet nog net die kuns


       leer
        om myself ook te
         vergewe

bottom of page